Kolonnade
Join Newsletter
 
 
Safety Tips

VISIONêRE ARGITEKTUUR


As een van die mees suksesvolste projekte in die SASOL Pensioenfonds en Growthpoint portefeuljes, is Kolonnade met sy sowat 70 000m² van inkopies en vermaak, tans die tweede grootste streekswinkelsentrum in die Groter Pretoria Metropolitaanse streek - Tshwane.

Vir Louis Peens Argitekte was die uitdaging van meet af om 'n tydlose elegansie vir die sentrum te skep. Met die vinnige pas van vernuwing, moes argitektuur en afwerking nie binne 'n paar jaar oudmodies vertoon nie. Die geheim van hierdie suksesvolle landmerk lê opgesluit in die feit dat fases 2, 3, 4 , 5 asook die onderdakparkering reeds met die aanvanklike beplanning, ontwerp en konstruksie in berekening gebring is.


Geen laslappie-effek word geskep nie en die rusbanke, vullisdromme en planthouers was spesiaal vir Kolonnade ontwerp om by die kleurskema en tema te pas. Van die teëls tot die beligting is met fyn beslistheid gekies om die boustyl en tema deurentyd te komplimenteer en sodoende vir jare aan kliënte 'n aangename visuele ervaring verseker.

Die manjifieke koepels met glasafwerking in die middle van die sentrum laat natuurlike lig na beide die grond- en boonste vlak deur. Visuaele skakeling tussen die boonste en onderste vlak is behou en word met hoë palms beklemtoon. Met die byvoeging van hierdie reuse gepreserveerde palmbome word daar verder slim in die volume van die gekoepelde dak in die hart van die sentrum deurgebreek. Eksklusiewe Tuine het met die kombinasie van bamboestema plantpotte en palms met binnenshuise blaarplante aan hul voete, die tema vasgevat en deurgetrek.

Kolonnade is nie net betrokke by sy gemeenskap nie, maar ook in voeling met sy omgewing en die ritme van tyd!! Noord van die Magaliesberg is 'n Trots Suid-Afrikaanse streekswinkelsentrum wat aan almal iets onder een dak bied!!

Flash   Flash   Flash
 


Woolworths
 
(012)523 9000
Read more...

What are you planning for the upcoming school holidays?

Going on holiday
Staying at home
Not going anywhere saving money for world cup ticket.

 
 
The Centre | Shops | Events | Exhibitions | Entertainment
Competitions | Gallery | Contact
© Kolonnade Centre 2008
Design & Development by Finegrafix