The Kolonnade Shopping Centre in Montana Park, Pretoria is one of the most successful shopping centres in Gauteng.
This 70,866 m² regional shopping centre, fully let with a waiting list of expectant new tenants, grew from country to Kolonnade in only 10 years. Celebrating their decade in 2005 with 150 tenants ranging from all the major fashion stores, nationals and specialty stores this is also one of only a few shopping centres with both DION and GAME under one roof.
Don't miss out on Kolonnades current and online competitions where you could be the lucky winner of great prizes ...Read More
VISIONêRE ARGITEKTUUR
As een van die mees suksesvolste projekte in die SASOL Pensioenfonds en Growthpoint portefeuljes, is Kolonnade met sy sowat 70 000m² van inkopies en vermaak, tans die tweede grootste streekswinkelsentrum in die Groter Pretoria Metropolitaanse streek - Tshwane.
Vir Louis Peens Argitekte was die uitdaging van meet af om 'n tydlose elegansie vir die sentrum te skep. Met die vinnige pas van vernuwing, moes argitektuur en afwerking nie binne 'n paar jaar oudmodies vertoon nie. Die geheim van hierdie suksesvolle landmerk lê opgesluit in die feit dat fases 2, 3, 4 , 5 asook die onderdakparkering reeds met die aanvanklike beplanning, ontwerp en konstruksie in berekening gebring is.
Geen laslappie-effek word geskep nie en die rusbanke, vullisdromme en planthouers was spesiaal vir Kolonnade ontwerp om by die kleurskema en tema te pas. Van die teëls tot die beligting is met fyn beslistheid gekies om die boustyl en tema deurentyd te komplimenteer en sodoende vir jare aan kliënte 'n aangename visuele ervaring verseker.
Die manjifieke koepels met glasafwerking in die middle van die sentrum laat natuurlike lig na beide die grond- en boonste vlak deur. Visuaele skakeling tussen die boonste en onderste vlak is behou en word met hoë palms beklemtoon. Met die byvoeging van hierdie reuse gepreserveerde palmbome word daar verder slim in die volume van die gekoepelde dak in die hart van die sentrum deurgebreek. Eksklusiewe Tuine het met die kombinasie van bamboestema plantpotte en palms met binnenshuise blaarplante aan hul voete, die tema vasgevat en deurgetrek.
Kolonnade is nie net betrokke by sy gemeenskap nie, maar ook in voeling met sy omgewing en die ritme van tyd!! Noord van die Magaliesberg is 'n Trots Suid-Afrikaanse streekswinkelsentrum wat aan almal iets onder een dak bied!!
By die jaarlikse Suid-Afrikaanse winkelsentrumkonferensie wat in September 2006 in Sandton aangebied is, het Kolonnade 'n Footprints Toekenning: Goud gewen!!!
Die oprigting van Kolonnade se onderdakparkering oor 'n 9-maande tydperk, Maart - November 2005, het sy uitdagings gehad. Desnieteenstaande is 'n uiters ongerieflike situasie met Kolonnade se Parking Challenge Survivor-veldtog in 'n positiewe ondervinding omgeswaai.
Deur die publiek deel te maak van hierdie uitdaging tydens die konstruksieperiode; maandeliks 'n Parking Challenge Survivor aan te wys en met R1 000-00 Kolonnade-koopbewyse te vergoed, is 'n opwaartse groei in besoekers by die sentrum bewerkstellig.
Hierdie hantering van 'n tradisionele negatiewe impak by winkelsentrums en die gepaardgaande positiewe groei, het Kolonnade die ontvanger van GOUD gemaak….baie relevant in September 2006 met die Kolonnade se 11de verjaardag!!
Kolonnade, die deurgang na die noorde, 'n Trots Suid-Afrikaanse winkelsentrum deurentyd in voeling met die gemeenskap.
Centre Management with their
2006 Footprints Award : Gold